Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 2:6-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.

7. En dit sal wees ’n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Áskelon gaan lê, want die Here hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.

8. Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.

9. Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra — ’n veld van brandnekels en soutpanne en ’n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.

10. Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die Here van die leërskare.

11. Vreeslik sal die Here teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.

12. Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 2