Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 8:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. So sê die Here van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die Here van die leërskare.

7. So sê die Here van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste

8. en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My ’n volk wees, en Ék sal vir hulle ’n God wees, in trou en geregtigheid.

9. So sê die Here van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die Here van die leërskare, die tempel, om gebou te word.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 8