Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 13:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die Here van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.

8. En in die ganse land, spreek die Here — twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.

9. Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ’n mens silwer smelt en hulle toets soos ’n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die Here, my God!

Lees volledige hoofstuk Sagaría 13