Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 13:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dié dag sal daar ’n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.

2. En in dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.

3. En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die Here verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.

4. En in dié dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.

5. Maar hy sal sê: Ek is geen profeet nie, ek is ’n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop.

6. En as iemand vir hom sê: Watter wonde is daardie tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 13