Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 12:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos ’n pan met vuur onder ’n hoop hout en soos ’n brandende fakkel onder gerwe — hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.

7. En die Here sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie.

8. In dié dag sal die Here die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos ’n hemelse wese, soos die Engel van die Here voor hulle uit.

9. Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 12