Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 12:11-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megíddo.

12. En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik; die geslag van die huis van Dawid afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van die huis van Natan afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik;

13. die geslag van die huis van Levi afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik; die geslag van Símeï afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.

14. Al die ander geslagte — elke geslag afsonderlik, en hulle vroue afsonderlik.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 12