Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 11:5-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die Here; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.

6. Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die Here; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.

7. En ek het die slagskape — waarlik ellendige skape! — opgepas; en ek het vir my twee stawe geneem. Die een het ek genoem: Lieflikheid, en die ander het ek genoem: Samebinding; en ek het die skape opgepas.

Lees volledige hoofstuk Sagaría 11