Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaría 1:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die Here gekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, die profeet, en gesê:

2. Die Here was baie vertoornd op julle vaders.

3. So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die Here van die leërskare: Keer terug na My, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die Here van die leërskare.

4. Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die Here van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die Here.

5. Julle vaders — waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?

Lees volledige hoofstuk Sagaría 1