Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 15:2-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink dat jy niks om haar gee nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joue word in haar plek.

3. Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.

4. Toe gaan Simson weg en vang driehonderd jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit ’n fakkel in die middel tussen elke twee sterte in;

5. en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.

6. Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat dié sy vrou geneem en haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar vader se huis met vuur verbrand.

7. Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak, sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.

8. En hy het hulle lendelam geslaan, ’n groot slag. En hy het afgegaan en gebly in die rotskloof van Etam.

9. Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in Juda en sprei hulleself uit by Legi.

10. En die manne van Juda vra: Waarom het julle teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom te doen soos hy aan ons gedoen het.

11. Daarop trek drieduisend man uit Juda af na die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.

Lees volledige hoofstuk Rigters 15