Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 10:2-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En hy het Israel drie-en-twintig jaar lank gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.

3. En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en hy het Israel twee-en-twintig jaar lank gerig.

4. En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe genoem wat in die land Gílead lê.

5. En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.

6. EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en hulle het die Baäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die Here verlaat en Hom nie gedien nie.

Lees volledige hoofstuk Rigters 10