Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 76:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2. God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.

3. Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.

4. Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.

5. Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!

6. Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 76