Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

6. Ja U, Here, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

7. Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

8. Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor?

9. Maar U, o Here, lag oor hulle; U spot met al die heidene.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59