Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:14-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

15. En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

16. Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.

17. Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was.

18. My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59