Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.

2. Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

3. Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

4. Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o Here!

5. Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

6. Ja U, Here, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59