Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:6-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die Here hulle vervolg!

7. Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.

8. Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!

9. Maar my siel sal juig in die Here, dit sal bly wees in sy heil.

10. Al my beendere sal sê: Here, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!

11. Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.

12. Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.

13. En ek — toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.

14. Ek het rondgegaan asof dit ’n vriend, asof dit ’n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

15. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35