Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:13-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. En ek — toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.

14. Ek het rondgegaan asof dit ’n vriend, asof dit ’n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

15. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.

16. Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.

17. Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.

18. Ek sal U loof in ’n groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U prys.

19. Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!

20. Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.

21. En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!

22. Here, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!

23. Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

24. Doen aan my reg na u geregtigheid, Here my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!

25. Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!

Lees volledige hoofstuk Psalms 35