Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:18-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19. Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20. o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21. U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in ’n hut vir die twis van die tonge.

22. Geloofd sy die Here, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ’n vaste stad.

23. Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24. Julle moet die Here liefhê, al sy gunsgenote! Die Here bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

25. Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die Here wag!

Lees volledige hoofstuk Psalms 31