Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2. By U, o Here, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3. Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n rots om in te vlug, ’n baie vaste huis om my te verlos.

4. Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31