Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:20-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21. Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22. Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

23. Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24. Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

25. Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

26. Van U kom my lof in ’n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

27. Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!

28. Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 22