Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:16-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17. Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18. Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

19. Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20. Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21. Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22. Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

23. Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24. Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

Lees volledige hoofstuk Psalms 22