Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n LOFLIED van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.

2. Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.

3. Gimel. Die Here is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

4. Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.

5. He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.

6. Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.

7. Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.

8. Get. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9. Tet. Die Here is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.

10. Jod. Al u werke loof U, o Here, en u gunsgenote prys U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 145