Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Die Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

8. Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou.

9. Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou.

10. Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die Here dat ek hulle stukkend gekap het.

11. Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die Here dat ek hulle stukkend gekap het.

12. Hulle het my omsingel soos bye — hulle is uitgeblus soos ’n doringtakvuur; dit is in die Naam van die Here dat ek hulle stukkend gekap het.

13. Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die Here het my gehelp.

Lees volledige hoofstuk Psalms 118