Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 118:13-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die Here het my gehelp.

14. Die Here is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.

15. ’n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die Here doen kragtige dade.

16. Die regterhand van die Here verhef; die regterhand van die Here doen kragtige dade.

17. Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die Here vertel.

18. Die Here het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.

19. Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die Here loof.

20. Dit is die poort van die Here; regverdiges mag daardeur ingaan.

21. Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 118