Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116:14-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. My geloftes sal ek aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.

15. Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy gunsgenote.

16. Ag, Here, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.

17. Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die Here aanroep.

18. Ek sal my geloftes aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,

19. in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!

Lees volledige hoofstuk Psalms 116