Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Wat sal ek die Here vergeld vir al sy weldade aan my?

13. Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die Here aanroep.

14. My geloftes sal ek aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.

15. Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy gunsgenote.

16. Ag, Here, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.

17. Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die Here aanroep.

18. Ek sal my geloftes aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,

19. in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!

Lees volledige hoofstuk Psalms 116