1. EK het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge,
2. want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.
3. Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
4. Maar ek het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here, red my siel.
5. Die Here is genadig en regverdig, en onse God is ’n ontfermer.
6. Die Here bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.