Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie.

2. Daarom het ek die dooies wat lankal gesterf het, gelukkig geprys bo die lewendes wat nog lewe,

3. en gelukkig bo hulle altwee hom wat nog nie gewees het en die verkeerde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie.

4. Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en ’n gejaag na wind.

5. Die dwaas vou sy hande en eet sy eie vlees op.

6. Een handvol rus is beter as altwee vuiste vol moeite en gejaag na wind.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4