Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:19-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ’n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.

20. Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.

21. Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?

22. So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat ná hom sal wees?

Lees volledige hoofstuk Prediker 3