Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:12-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.

13. En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is ’n gawe van God.

14. Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

15. Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.

16. Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg — daar was onreg, en die plek van geregtigheid — daar was onreg.

17. Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is ’n tyd vir elke saak en vir elke werk.

18. Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.

19. Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ’n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.

20. Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.

21. Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?

Lees volledige hoofstuk Prediker 3