Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 1:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. EK, Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.

13. En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ’n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

14. Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en ’n gejaag na wind.

15. Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.

16. Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk, ék het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien.

17. Maar toe ek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook ’n gejaag na wind is.

18. Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.

Lees volledige hoofstuk Prediker 1