Ou Testament

Nuwe Testament

Obádja 1:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. As daar diewe, as daar nagrowers na jou gekom het — hoe is jy vernietig! — sou hulle nie net soveel gesteel het as wat vir hulle genoeg was nie? As daar druiwesnyers na jou gekom het, sou hulle nie die na-oes laat oorbly het nie?

6. Hoe is Esau deursoek! Is sy verborge skatte deursnuffel!

7. Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê ’n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!

8. Sal Ek nie in dié dag, spreek die Here, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?

9. En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.

10. Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig.

11. Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle!

Lees volledige hoofstuk Obádja 1