Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 33:37-48 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. En hulle het van Kades af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.

38. Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die Here op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.

39. En Aäron was honderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.

40. En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.

41. En hulle het van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona.

42. En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon.

43. En hulle het van Punon af opgebreek en laer opgeslaan in Obot.

44. En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.

45. En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in Dibon-Gad.

46. En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim.

47. En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor Nebo.

48. En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.

Lees volledige hoofstuk Númeri 33