Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 31:20-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.

21. En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die Here Moses beveel het.

22. Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —

23. elke ding wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.

24. Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.

25. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

26. Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;

Lees volledige hoofstuk Númeri 31