Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 31:15-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?

16. Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van Israel ’n oorsaak van troubreuk teenoor die Here in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die Here was.

17. Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met ’n man gehad het.

18. Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.

19. En julle, slaan sewe dae lank ’n kamp op buitekant die laer; elkeen wat ’n mens gedood en elkeen wat aan ’n gesneuwelde geraak het — julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.

20. Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.

21. En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die Here Moses beveel het.

22. Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —

23. elke ding wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.

24. Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.

Lees volledige hoofstuk Númeri 31