Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 28:21-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

22. Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

23. Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

24. Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die Here berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word — en die drankoffer wat daarby behoort.

25. En op die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

26. En op die dag van die eerstelinge, as julle ’n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die Here bring, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

27. Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan die Here bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;

28. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,

29. een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

30. een bokram om vir julle versoening te doen.

31. Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei — hulle moet vir julle sonder gebrek wees — en hulle drankoffers.

Lees volledige hoofstuk Númeri 28