Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 27:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Toe sê die Here aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,

19. en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, en gee hom ’n opdrag voor hulle oë;

20. en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.

21. En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die Here; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.

22. En Moses het gedoen soos die Here hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering gestel,

23. en hy het hom die hande opgelê en hom ’n opdrag gegee soos die Here deur die diens van Moses gespreek het.

Lees volledige hoofstuk Númeri 27