Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 21:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland gewoon het, hoor dat Israel met die pad van Átarim kom, het hy teen Israel geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer.

2. Daarop het Israel aan die Here ’n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.

3. En die Here het gehoor na die stem van Israel en die Kanaäniete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.

4. Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na die Skelfsee om die land Edom om te trek; maar die siel van die volk het op die pad ongeduldig geword.

5. En die volk het teen God en teen Moses gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die woestyn te sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die ellendige kos.

6. Toe stuur die Here giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.

7. En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die Here en teen u gespreek het. Bid tot die Here, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.

Lees volledige hoofstuk Númeri 21