Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 15:34-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.

35. Toe sê die Here vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.

36. Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die Here Moses beveel het.

37. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

38. Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoekklossies ’n draad van pers stof vasbind.

39. En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die Here dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,

40. sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.

41. Ek is die Here julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ’n God te wees. Ek is die Here julle God.

Lees volledige hoofstuk Númeri 15