Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 12:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ’n Kusitiese vrou geneem.

2. En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die Here het dit gehoor.

3. Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

4. Toe het die Here dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.

5. En die Here het in ’n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6. Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal Ek met hom spreek.

7. So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.

8. Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die Here. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?

9. En die toorn van die Here het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.

10. En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats!

Lees volledige hoofstuk Númeri 12