Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 8:13-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle het ag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.

14. En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.

15. Toe vind hulle uit dat in die wet wat die Here deur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,

16. en dat hulle moes afkondig en rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.

17. En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en in die voorhowe van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die plein van die Efraimspoort.

18. En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van Jésua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel nie só gedoen nie; en daar was baie groot blydskap.

19. En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag ’n feestyd volgens verordening.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 8