Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 8:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,

2. het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die Here Israel beveel het, te bring.

3. En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

4. En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.

5. En Esra, die skrifgeleerde, het op ’n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anánja en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 8