Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:8-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, ’n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.

9. En naas hulle het Refája, die seun van Hur, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel.

10. En naas hulle het Jedája, die seun van Harúmaf, herstel — teenoor sy huis; en naas hom het Hattus, die seun van Hasábneja, herstel.

11. ’n Tweede stuk het Malkía, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook die Bakoondtoring.

12. En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.

13. Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.

14. En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerém, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

15. En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.

16. Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.

17. Ná hom het die Leviete — Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, vir sy distrik herstel.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3