Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 3:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.

13. Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.

14. En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerém, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.

15. En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.

16. Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.

17. Ná hom het die Leviete — Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, vir sy distrik herstel.

18. Ná hom het hulle broers, Bágwai, die seun van Hénadad, die owerste van die ander halwe distrik Kehíla, herstel.

19. En naas hom het Eser, die seun van Jésua, die owerste van Mispa, ’n tweede stuk herstel teenoor die opgang na die wapenhuis, die Winkelhaak.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 3