Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 3:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEE die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!

2. Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!

3. Ruiters op ’n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En ’n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie — ’n mens struikel oor hulle lyke!

4. Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, ’n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.

5. Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die Here van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.

6. En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou ’n skouspel maak,

7. sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninevé! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?

8. Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?

9. Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Putéërs en Líbiërs was jou tot hulp.

10. Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.

11. Ook jý sal dronk word, beneweld wees, ook jý sal ’n toevlug soek teen die vyand.

Lees volledige hoofstuk Nahum 3