Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1:9-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Wat wil julle beraam teen die Here? Hy maak daar ’n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

10. Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat — hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.

11. Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die Here beraam het, wat verderflike planne gemaak het.

12. So sê die Here: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;

13. maar nou sal Ek sy juk van jou af verbreek en jou stroppe stukkend ruk.)

14. Maar die Here sal dit oor jóú verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou ’n graf maak, want jy is te lig bevind.

15. Kyk, op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Want die snoodaard sal nooit weer deur jou gebied trek nie; hy is heeltemal uitgeroei!

Lees volledige hoofstuk Nahum 1