Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 1:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

7. Die Here is goed, ’n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.

8. Maar met ’n oorstromende vloed maak Hy ’n einde aan die plek van die stad, en sy vyande vervolg Hy die duisternis in.

9. Wat wil julle beraam teen die Here? Hy maak daar ’n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.

10. Want al is hulle saamgevleg soos dorings, en soos hulle drank so deur en deur nat — hulle sal soos droë stoppels volkome verteer word.

11. Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die Here beraam het, wat verderflike planne gemaak het.

Lees volledige hoofstuk Nahum 1