Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Sal die Here ’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?

8. Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

9. Die stem van die Here roep tot die stad — dit is heilsaam om u Naam te vrees —: Hoor die roede, en wie dit bestel het.

10. Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en ’n skrale efa wat vervloek is?

11. Sal Ek rein kan wees by ’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike gewigte?

12. Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.

13. So slaan Ek jou dan ook met ’n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

14. Jy sal eet, maar nie versadig word nie, sodat jou honger in jou binneste bly; en jy sal wegbring sonder om iets te red; en wat jy red, sal Ek aan die swaard oorgee.

Lees volledige hoofstuk Miga 6