Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 6:4-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uit gestuur Moses, Aäron en Mirjam.

5. My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die Here.

6. Waarmee sal ek die Here tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?

7. Sal die Here ’n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?

8. Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

9. Die stem van die Here roep tot die stad — dit is heilsaam om u Naam te vrees —: Hoor die roede, en wie dit bestel het.

10. Is daar nog altyd in die huis van die goddelose skatte van onreg en ’n skrale efa wat vervloek is?

11. Sal Ek rein kan wees by ’n valse weegskaal en by ’n sak vol bedrieglike gewigte?

12. Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.

13. So slaan Ek jou dan ook met ’n smartlike wond, met verwoesting weens jou sondes.

Lees volledige hoofstuk Miga 6