Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 4:10-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom — dáár sal jy gered word, dáár sal die Here jou verlos uit die hand van jou vyande.

11. En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig word, en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion.

12. Maar hulle ken nie die gedagtes van die Here nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.

13. Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die Here toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde.

14. Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het ’n wal teen ons opgegooi; met ’n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.

Lees volledige hoofstuk Miga 4