Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 3:9-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ’n afsku het en al wat reg is, verdraai;

10. julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!

11. Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ’n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die Here en sê: Is die Here nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

12. Daarom sal Sion om julle ontwil soos ’n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.

Lees volledige hoofstuk Miga 3